USD3.96
Onteenseglik een van die bekendste én mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans!
In stock
Kondisie: Baie goed en stofomslag ook in baie goeie toestand.
Sien foto’s vir meer detail.
Die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in ’n gasoond druk. ’n Dooie kakkerlak in die oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon.
As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, ’n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor. Terwyl sy die lang pad van genesing loop, bly sy halsstarrig glo in ’n wonder – dat sy, soos Grietjie, aan die behekste donkerbos sal ontkom, en dat sy haar prins sal vind.
Griet skryf ’n sprokie is onteenseglik een van die bekendste én mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans! Met sy skerpsinnige puntigheid, humor en gloeiende sensualiteit is dit ‘n boek wat met sy verskyning in 1992 die erotiek in Afrikaans óópgeskryf het.






We’ve all had that feeling: the memory of a beloved childhood book, a title mentioned in passing that you can’t get out of your head, or an out-of-print gem that seems to have vanished completely.
The search for a specific book can feel like a quest, and we want to be your trusted guide.
The Curiosity Cove is our special book-sourcing service, born from a passion for connecting readers with the exact stories they seek. If there’s a book your heart is set on but you can’t find it in our collection, don’t give up. Let us join the hunt
49 Buitekant Street
Hermanus
Western Cape
South Africa
7002