R20.00
Albertus Beeslaar #2 in reeks
In stock
509 Bladsye, Sagteband
21x14x4.5cm
In ’n miljoenêrsbuurt van Stellenbosch loop ’n huisroof skeef. Die slagoffer, ’n aantreklike rooikopvrou, se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek.
Kaptein Albertus Markus Beeslaar, op besoek aan dié pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Saam met die formidabele kaptein Vuyokazi Quebeka word elke kultuur- en geldklip op dié dorp omgedop op soek na die moordenaar.
Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar beland sersant Johannes Ghaap in Soweto, ’n lewensgevaarlike plek vir buitestanders – soos Ghaap. Maar daar is nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet gaan soek na ’n vrou en haar kind wat tydens ’n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word.In die proses moet The Father aangedurf word – ’n man met so ’n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is bloot ’n urban legend . . .






We’ve all had that feeling: the memory of a beloved childhood book, a title mentioned in passing that you can’t get out of your head, or an out-of-print gem that seems to have vanished completely.
The search for a specific book can feel like a quest, and we want to be your trusted guide.
The Curiosity Cove is our special book-sourcing service, born from a passion for connecting readers with the exact stories they seek. If there’s a book your heart is set on but you can’t find it in our collection, don’t give up. Let us join the hunt
49 Buitekant Street
Hermanus
Western Cape
South Africa
7002