R130.00
Rolprent-aanpassing wat onlangs vrygestel is
In stock
Rolprent-aanpassing wat onlangs vrygestel is.
315 Bladsye, Sagteband. 20x13x2.5cm
Die dekonstruksie van Retta Blom, geskryf deur Zelda Bezuidenhout, is ‘n gewilde Afrikaanse roman wat handel oor vroue wat hulself in die huwelik verloor en die reis na selfontdekking.
Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Lauretta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het.
Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie. Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie en na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.
Die roman is ‘n vars, skreeusnaakse dog diep menslike verhaal oor die herdefiniëring van identiteit buite die rolle van ma en eggenoot






We’ve all had that feeling: the memory of a beloved childhood book, a title mentioned in passing that you can’t get out of your head, or an out-of-print gem that seems to have vanished completely.
The search for a specific book can feel like a quest, and we want to be your trusted guide.
The Curiosity Cove is our special book-sourcing service, born from a passion for connecting readers with the exact stories they seek. If there’s a book your heart is set on but you can’t find it in our collection, don’t give up. Let us join the hunt
49 Buitekant Street
Hermanus
Western Cape
South Africa
7002