Die Goue Kalf:’n sepie – Klaas Steytler

R50.00

Die goue kalf, ‘n sepie in 13 spele – Klaas Steytler

In stock

Categories: , Tags: ,

Description

Kondisie: Uitstekend

Oujongnooi Miss Breggie Venter en die uitgewersklerk Zoutendorst wat weer hulle verskyning maak. Die premier van die Wes-Kaap, Sy edele S. Paul Dawonder, se skelmpie, die tikster Flaffie, pers hom af met ‘n rol film waarop hy net sokkies aanhet. Die premier gee sy perssekretaris Koos van der Merwe opdrag om vir Flaffie te “fieks” en die film terug te kry. Flaffie is ‘n veraf familielid van Miss Breggie en so raak hulle betrokke.

Die sentrale karakter is Zoutendorst se Fries-kalf, Madelief, wat hulle orals vergesel. Die kalf het nie veel met die karakters se sondes uit te waai nie, maar word byna ‘n sondebok en verwys op simboliese vlak kennelik na die goue kalf wat die Israeliete in die woestyn gemaak het, dus ‘n valse god. Die absurde storie, bevolk met ewe absurde karakters, sorg vir prettige leesvermaak hoewel die geniepsige satire nie uitbly nie.

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 18 × 11 × 1.3 cm