Description
Plekke om na te gaan, dinge om te doen.
Kondisie: Uitstekend-vorige eienaar naam op titel bladsy-sien fotos.
390 Bladsye, Sagteband
21×21.5x3cm
Hierdie titel bewys weereens dat Suid-Afrika ‘n land is wat ‘n leeftyd se ernstige ontdekkingsreise bied. Van diere en die natuur, die oop pad en geskiedenis, tot by avonture — jy sal dit alles hier kry.
Die lys van 1001 moet-sien plekke en moet-doen dinge is saamgestel uit die ervarings Getaway tydskrif se reis joernaliste. Die titel sluit alles in, van natuur tonele wat wereld bekend is tot by ontsnappings roetes vir 2x4s en 4x4s, kastele in die veld, kampeer areas met ‘n uitsig en die beste wildlewe; die titel neem jou na plekke wat nie so bekend en voor die hand liggend is nie.
Genoeg idees vir ‘n leeftyd, ongeag jou voorkeure, belangstellings en behoeftes. Daar is spasie om te skryf oor jou eie ervarings as jy eers daar was. Onthou om jou kamera se battery te laai en die fles koffie in te pak!











