R70.00
ENKOUSTIEK vir Handwerkprojekte
In stock
ENKOUSTIEK vir Handwerkprojekte
128 Bladsye, Sagteband
26x19x1cm
Hierdie titel maak dit toeganklik vir almal – van groentjies tot kunstige handwerkers. Dit skep ‘n hele nuwe wereld vir handwerkers, wys jou hoe om die gekleurde was op bykans alles van gewone glanskarton tot houtvrye papier, skilderdoek, glas en porselein sowel as hout, kerse en ongeglasuurde porselein aan te wend.
Jy kan talle hittebronne en toestelle hiervoor gebruik en Jann wys jou hoe om dit op ‘n kreatiewe wyse te doen. Benewens al die inligting oor toerusting, basiese tegnieke, kleurvermenging, afrondings en moontlike aanwendings bevat die titel ook meer as 50 projekte wat jou vinnig in ‘n waskuns-entoesias sal verander.
Leer hoe om kaartjies, versierde karton vir ander papierkuns, en ander papierhandwerkprojekte, muurkuns, wasstempelwerk en enkoustiekmosaiek te skep, hoe om waskuns met ander media te kombineer en vele meer.
Maar wees gewaarsku: as jy eers daarmee begin, sal jy nie wil ophou nie!






We’ve all had that feeling: the memory of a beloved childhood book, a title mentioned in passing that you can’t get out of your head, or an out-of-print gem that seems to have vanished completely.
The search for a specific book can feel like a quest, and we want to be your trusted guide.
The Curiosity Cove is our special book-sourcing service, born from a passion for connecting readers with the exact stories they seek. If there’s a book your heart is set on but you can’t find it in our collection, don’t give up. Let us join the hunt
49 Buitekant Street
Hermanus
Western Cape
South Africa
7002