Ek dank my landgenote vir die aanmoediging en ondersteuning, en hoop dat ‘Martjie’ by toeneming sal bydra tot die doel wat ons beoog: opbou van taal, kuns, nasionaliteit.
USD8.49
In stock
Condition: Very good. Hardback. Spine faded but book spotless inside. See images.
Ek dank my landgenote vir die aanmoediging en ondersteuning, en hoop dat ‘Martjie’ by toeneming sal bydra tot die doel wat ons beoog: opbou van taal, kuns, nasionaliteit.-F.E. Celliers 1920
Jan F.E. Celliers word as een van ons land se eerste ernstige digters beskou. Celliers het deur sy hartstogtelike liefde vir die natuur en eerstehandse ervaring van die Anglo Boereoorlog ʼn groot bydrae tot die Afrikaanse literatuurskat gelewer. Met die uitbreek van die ABO verruil hy sy pen vir ʼn mauser en vermom homself in ʼn stadium selfs as ʼn vrou om uit die kloue van die vyandelike linies in Pretoria te ontsnap!
Celliers se gedigte is boordensvol kommentaar oor die Suid-Afrikaanse samelewing van sy tyd, en as kampvegter vir Afrikaans is hy, onder meer, daarvoor verantwoordelik dat Afrikaans as ʼn amptelike taal erken word. Sy persoonlike lewe was egter vol tragedie: van sy eie doofheid wat hom ʼn eensame siel maak, tot sy vrou wat skielik sterf en ʼn kleinkind wat hy aan die dood afstaan. Hy is emosioneel só diep hierdeur geraak dat hy vir die laaste veertien jaar van sy lewe glad nie meer geskryf het nie. Celliers vorm saam met C. Louis Leipoldt en Totius (J.D. du Toit) deel van die sogenaamde Tweede Afrikaanse Beweging. -weet.co.za/skoolwerk/afrikaans/jan-f-ecelliers/