Wildvreemd – Carina Stander

R20.00

Short description

Afrikaans fiksie

In stock

Kondisie: Goed- Stewig gebind en sal nog vele kere kan gelees word; enigste nadeel is die “highlights” en paar notas. Prys aangepas.

257 Bladsye, Sagteband.  21.5x14x2.5cm

Roman wat die verhaal vertel van ’n geheimsinnige vrou wat in isolasie in ’n digte woud woon en deur haar gemeenskap as “Die Byeboer” bekend staan.

Die heuningboer se stomtaal pla my min. Nog nooit was dit vir haar nodig om te beduie sy sal markdag wag by die Ruig se rand nie. Vandat ek haar ken, daag ek net op en sy is daar. Met haar heuning en haar kerse, haar kaal voete en stiltes. Soms sal sy roep om te laat weet sy is naby – soos ’n uil, of ’n jakkals. Maar nooit sal sy ’n woord voor my praat nie.

Net een slag, jare gelede, een môre, het ek haar hoor huil. Toe sy die flesse aangee, het ek die vars bloed onder haar vingernaels gesien, haar handpalms, rooi gevlek, soos herfsblare. Aaneen het sy gehuil, sag soos ’n reëntjie. Maar ek het nie gevra nie; sy sou nie kon sê nie.

Nege jaar tevore het die vrou haar intrek in die Ruig geneem. Een maal per maand stap sy dorp toe om haar heuning te verkoop; dan trek die vroue wat haar gewaar hul asem skerp in. Sy vergiftig seuntjies, sê die mense. Die merk aan haar keel, dis waar die hiëna haar gebyt het; daarom is sy stom, sê hulle. ’n Gevaarlike vrou is sy; ’n heks; ’n hoer.

Mal . . . Nege jaar ná haar aankoms stap sy nog ’n keer dorp toe, dié keer gedryf deur haar werklike bemoeienis, ’n alleenstryd teen wildstropers. Die hele dorp hou asem op. Dan breek daar ’n veldbrand teen die berghange uit . . . en dis asof almal se vrese en begeertes, ou wrokke en verlangens self in vlamme uitbars.

 

Why Shop With Us?

Cart Fillers

looking for a specific book?

Your Literary Treasure Hunt

We’ve all had that feeling: the memory of a beloved childhood book, a title mentioned in passing that you can’t get out of your head, or an out-of-print gem that seems to have vanished completely.

The search for a specific book can feel like a quest, and we want to be your trusted guide.

The Curiosity Cove is our special book-sourcing service, born from a passion for connecting readers with the exact stories they seek. If there’s a book your heart is set on but you can’t find it in our collection, don’t give up. Let us join the hunt